Ram | ||||
Latynse naam | Aries | |||
Genitief | Arietis | |||
Afkorting | Ari | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 3h | |||
Deklinasie | 20º | |||
Grootte | 441 vk. grade (39ste) | |||
Kwadrant | NQ1 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 3, 10 | |||
Helderste ster | Alpha Arietis | |||
Naaste ster | Teegarden se Ster (SO 0253+1652)[1] | |||
Sterre helderder as 3 m | 2 | |||
Sterre met planete | 6 | |||
Messier-voorwerpe | 0 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 67 | |||
Meteoorreëns | May Arietids, Autumn Arietids, Delta Arietids, Epsilon Arietids, Daytime-Arietids, Aries-Triangulids | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Perseus , Suidelike Driehoek, Visse , Walvis , Bul | ||||
|
Die Ram (Latyn: Aries) is ’n sterrebeeld van die diereriem. Dit is in die Noordelike Halfrond tussen die Visse in die weste en die Bul in die ooste geleë. Die simbool daarvan is (Unicode ♈), wat ’n ram se horings voorstel. Dit is een van die 48 sterrebeelde wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemaeus genoem is en is steeds een van die 88 moderne konstellasies. Dit het ’n gemiddelde grootte van 441 vierkante grade (39ste van al die sterrebeelde).
Die Ram stel nou die ram voor waarvan die vlies in Antieke Griekeland die Goue Vlies geword het, hoewel dit reeds sedert Babiloniese tye ’n ram verteenwoordig het. Die sterrebeeld is redelik dof en het net vier helder sterre, asook ’n paar taamlik dowwe sterrestelsels en verskeie meteoorreëns.