Die Ram (Lat: Aries) is die Westerse astrologiese teken van mense wat tussen ongeveer 21 Maart en 20 April gebore is. Dit is die eerste teken van die Diereriem.
Die Ram is een van die drie vuurtekens. Dis ’n manlike, positiewe, ekstroverte teken en is vergelykbaar met die Draak van die Chinese Diereriem.[1] Die tradisionele heerser van die Ram is Mars.
Ramme kom volgens die astrologie goed oor die weg met Leeus en Boogskutters.