Rambynas

Rambyno kalnas
Die beboste Rambynas
Uitsig vanaf die heuwel
Die Nemunas, soos gesien vanaf die Rambynas

Rambynas (Litaus: Rambynas of Rambyno kalnas, Duits ook Rombinus) is 'n heuwel op 'n hoogte van sowat 46 meter wat in 'n rivierkronkel van die Nemunas in die vroeëre streek Memelland (Wes-Litaue) naby die grens met die Russiese Kaliningrad-oblast geleë is. Die heuwel maak deel uit van die Gewestelike Rambynas-park. Nabygeleë nedersettings sluit Pagėgiai en Tauragė in Litaue en Neman en Sovetsk in die Russiese eksklawe Kaliningrad-oblast in.

Die heuwel word deur die Nemunas-rivier onderspoel. In 2003 is 'n bewaringsprojek aangepak om verdere erosie te verhoed.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne