Ranger 6

Ranger 6
Sendingstatistiek
Sendingnaam: Ranger 6
Sendingtipe: Naby foto's van die Maan se oppervlakte
Operateur: NASA / JPL
Vervaardiger Jet Propulsion Laboratory
Lanseervuurpyl Atlas LV-3 Agena-B
Duur van sending 2 dae, 17 ure en 35 minute
Bemanning: Onbeman
Lansering: 30 Januarie 1964
Kaap Canaveral AFS LC12[1]
Impak datum: 2 Februarie 1964 09:24:32 UTC
Lanseermassa 264.69 kg
Krag 240 watt
Laaste kommunikasie: 2 Februarie 1964

Ranger 6 was 'n onbemande ruimtetuig wat deel was van NASA se Ranger-program, met die doel om naby-foto's van die maan te neem. Die ruimtetuig is op 30 Januarie 1964 gelanseer en was ontwerp om hoë-resolusie beelde, tydens sy laaste paar minute van vlug, van die maan se oppervlakte na die Aarde te stuur totdat dit met die maan bots. Daar was ses vidikon televisiekameras aan boord: twee wyehoekkameras (kanaal F, kameras A en B) en vier nouhoekkameras (kanaal P) om die sendingdoelwitte te bereik. Die kameras was in twee aparte kettings gerangskik, elk kon onafhanklik werk met sy eie kragbron, tydreëlaar en senders om die grootste mate van betroubaarheid en die grootste mate van waarskynlikheid te gee dat hoë-kwaliteit televisiebeelde verkry sal word. Daar was geen ander eksperimente aan boord nie. As gevolg van 'n faling van die kamerastelsel is geen beelde na die aarde gestuur nie.[2]

  1. https://nssdc.gsfc.nasa.gov/nmc/spacecraft/display.action?id=1964-007A
  2. https://nssdc.gsfc.nasa.gov/nmc/spacecraft/display.action?id=1964-007A

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne