Ranger 9

Ranger 9
onbemande ruimtetuig
Onderdeel vanRanger-programWysig
Inheemse etiketRanger 9Wysig
LiggingLQ19Wysig
Voorafgegaan deurRanger 8Wysig
Belangrike gebeurtenisvuurpyllansering, atmospheric entryWysig
BeginpuntCape Canaveral Launch Complex 12, Kaap Canaveral-ruimtemagbasisWysig
Space launch vehicleAtlas-Agena BWysig
UTC-datum van die lansering van ruimtetuie21 Maart 1965Wysig
Time of object orbit decay24 Maart 1965Wysig
VervaardigerJet Propulsion LaboratoryWysig

Ranger 9 was 'n onbemande Amerikaanse ruimtetuig wat in Maart 1965 gelanseer is. Die doel van die sending was om met die maan te bots en om hoë-resolusie foto's van die Maan se oppervlak te neem gedurende die laaste paar minute van sy vlug. Dit was die laaste sending van die Ranger-program. Daar was ses vidikon televisiekameras aanboord: twee wyehoekkameras (kanaal F, kameras A en B) en vier nouhoekkameras (kanaal P) om die sendingdoelwitte te bereik. Die kameras was in twee aparte kettings gerangskik, elk kon onafhanklik werk met sy eie kragbron, tydreëlaar en senders om die grootste mate van betroubaarheid en waarskynlikheid te gee dat hoëkwaliteit televisiebeelde verkry sou word. Die beelde van die kameras is na miljoene mense regoor Amerika uitgesaai.[1] Daar was geen ander eksperimente aan boord nie.[2]

  1. Cecil, Gregory (21 Maart 2015). "Our SpaceFlight Heritage: 50 Years since the launch of Ranger 9". Spaceflight Insider. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Julie 2022. Besoek op 31 Mei 2022.
  2. "Ranger 9". National Space Science Data Center. NASA. Besoek op 24 Mei 2022.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne