Rankplant

’n Muur wat met ’n klimop bedek is
’n Hegrank

’n Rankplant is ’n plant wat teen strukture uitklim met behulp van hegranke of stingels. Hulle word ook klimplante of kruipplante genoem. Hulle besit soepel, kruidagtige, of in 'n later stadium verhoute stingels waarmee hulle hulself aan 'n steunpunt of stut kan oprig. Verskeie soorte maak van ranke gebruik en staan bekend as klim- of rankplante, terwyl 'n ander soort, bekend as slingerplante (byvoorbeeld die Engelse kanferfoelie), hulself so vaswikkel dat hulle soms hul gasheerplant verwurg. Klimplante se ranke is aangepaste blare of selfs takke wat spesiaal ontwikkel en die plant daartoe in staat stel om te klim.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne