Raoult se wet

Dalton en Raoult se wet vir vloeistof-damp sisteme in ewewig.
Die twee parsiële en die totale dampdruk
Raoult bly geldig in verdunde gebied, maar net vir die oplosmiddel

Raoult se wet is van toepassing op vloeistof-damp sisteme wat in ewewig is. Dit bepaal dat die parsiële druk van elke komponent in die dampfase van 'n ideale mengsel van vloeistowwe gelyk is aan die dampdruk van die suiwer komponent vermenigvuldig met die molfraksie in die vloeistoffase.

Vir 'n enkele komponent in 'n ideale oplossing geld die volgende:

Waar twee vlugtige vloeistowwe A en B met mekaar gemeng word om 'n oplossing te vorm, bestaan die dampfase uit albei komponente van die oplossing. Sodra die komponente in die oplossing ewewig bereik het, kan die totale dampdruk van die oplossing bepaal word deur Raoult se wet te kombineer met Dalton se wet van parsiële druk om die volgende te geeː

Dalton se wetː         en        

As 'n nie-vlugtige opgeloste stof (dampdruk = 0, baie min/geen verdamping) opgelos word om 'n ideale oplossing te vorm sal die dampdruk van die oplossing laer wees as die suiwer oplosmiddel. Die verlaging in die dampdruk sal direk eweredig wees aan die molfraksie van die opgeloste stof in die oplossing.


Waar:
  • = Dampdruk = parsiële druk van komponent i in die gasfase by die mengseltemperatuur
  • = Dampdruk van suiwer komponent i by die mengseltemperatuur
  • = Molfraksie van komponent i in die vloeistoffase
  • = Molfraksie van komponent i in die dampfase


In 'n grafiek is die parsiële drukke weer te gee deur twee regte lyne wat van 0 na die waarde van loop. Die helling het ook die waarde . Die totale druk is ook 'n regte lyn wat van na loop. Oplossings wat Raoult se wet gehoorsaam word ideale oplossings genoem. Oplossings is net dan ideaal as die twee komponente baie min in eienskappe van mekaar verskil.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne