Rapa Nui Vananga rapa nui | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [ˈɾapa ˈnu.i] | |
Gepraat in: | Chili | |
Gebied: | Paaseiland | |
Totale sprekers: | Sowat 2 700[1] | |
Taalfamilie: | Austronesies Maleis-Polinesies Oseanies Polinesies Oos-Polinesies Rapa Nui | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Geen | |
Gereguleer deur: | Geen | |
Taalbedreigingstatus | ||
Veilig NENie bedreig nie Dit is 'n erg bedreigde taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale
| ||
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | rap
| |
ISO 639-3: | rap
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Rapa Nui of Rapanui (IFA: ræpəˈnuːi),[2] ook bekend as Pascuaans, is ’n Oos-Polinesiese taal wat op die eiland Rapa Niu, ook bekend as Paaseiland, gepraat word.
Die eiland het sowat 5 761 bewoners (2012-sensus) en is ’n gebied van Chili. Daar bestaan nie sensusbesonderhede oor hoeveel van die bewoners vlot Rapa Nui praat nie – sommige ramings is so laag as 800.[3] Dit is ’n minderheidstaal en baie mense praat ook Spaans; die meeste kinders word nou Spaanssprekend groot. Dié wat Rapa Nui kan praat, leer dit eers later aan.[4]