Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Raritan was groeperinge van die Lenape mense wat rondom die Raritanrivier en baai gewoon het, in wat nou noordoostelike New Jersey en Staten-eiland, New York is.
Die naam "Raritan" is waarskynlik afkomstig van een van die Delaware-tale (Lenape-tale) (een van die tale in die Algonquian-taalgroep), hoewel daar verskillende interpretasies is oor die betekenis daarvan. Dit kan 'n afgelei wees van Naraticong [1] wat "rivier oorkant die eiland" beteken, of Roaton of Raritanghe, die name van 'n groep wat oor die Hudsonrivier gekom het en die vorige bevolking wat bekendstaan as die Sanhican verplaas het.[2] (wat verder die binneland in beweeg het).[3] Alternatiewelik is Raritan die Nederlandse uitspraak van wawitan of rarachons, wat "gevurkte rivier" of "oorlopende stroom" beteken.[4]
Die Raritan het vroeë kontak gehad met setlaars in die kolonie Nieu-Nederland. William Kieft, goewerneur van Nieu-Nederland, het 'n uitwissingsveldtog teen hulle beplan, onder voorwendsel dat varke van 'n plaas op die huidige Staten-eiland gesteel is. Die aanval op die Amerikaanse Indiane, hoewel dit nie veel skade berokken het nie, was 'n bydraende faktor tot die groepe se vorming van 'n alliansie tydens die Kieft-oorlog (1643-1645) teen die nedersettings van Nieu-Nederland.[5][6]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |