Ratel | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Mellivorinaeine
|
Genus: | Mellivora
|
Spesie: | M. capensis
|
Binomiale naam | |
Mellivora capensis |
Die ratel (Mellivora capensis) is 'n lid van die Mustelidae-familie, wat ook die stinkmuishond insluit. Ratels kom voor deur die grootste deel van Afrika en Suider- en Wes-Asiatiese areas: Oos- en Suid-Irak, Pakistan en Wes-Indië. Dit is die enigste spesie in die genus Mellivora en die subfamilie Mellivorinae. Volgens die Guinness Book of World Records is die ratel die vreeslooste dier in die wêreld.[2]
Ratels is dag- en nagdiere, maar siende dat dit hoofsaaklik in digbegroeide velde voorkom, word dit min raakgesien.
Ratels het 'n kop-en-liggaam lengte van ongeveer 60 tot 102 cm, plus 'n stert van 16 tot 30 cm. Die dier het 'n skouerhoogte van ongeveer 23 tot 30 cm. Mannetjies is aansienlik groter as die wyfies en kan tot twee keer so veel weeg. 'n Wyfie kan tussen 5,5 en 10 kg weeg, terwyl mannetjies tussen 9 en 15 kg kan weeg.
Alhoewel hulle karnivore is, het ratels ook 'n voorliefde vir byekorwe. Verder sluit hulle dieet erdwurms, termiete, skerpioene, ystervarke, konyne en selfs groter prooi soos skilpaaie, klein krokodille en slange in.
Die wyfie is ses maande dragtig, waarna twee tot vier kleintjies gebore word. 'n Ratel het 'n moontlike lewensduur van 24 jaar.