Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Noordryn-Wesfale |
Koördinate | 51°18′N 6°51′E / 51.300°N 6.850°O |
Stigting (eerste verwysing) | 849 |
Stadstatus | 11 Desember 1276 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 88,74 vk km |
Hoogte bo seevlak | 55-180 m |
Bevolking: | |
- Totaal (30 Junie 2015) | 86 615[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 976/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | Klaus Konrad Pesch |
Amptelike Webwerf | ratingen.de |
Ratingen is 'n stad in die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfale met 'n bevolking van 86 615 (soos op 30 Junie 2015).
Die geskiedenis van Ratingen, wat naby die Ryn geleë is en aan die deelstaathoofstad Düsseldorf grens, strek terug tot in die eerste helfte van die 9de eeu, en reeds in 1276 is stadstatus aan die nedersetting verleen. Die plaaslike ekonomie trek voordeel uit die nabyheid van Düsseldorf en sy internasionale lughawe (die tweede grootste in Duitsland na Frankfurt am Main) asook sy ligging langs die digste snelwegnetwerk in Europa en naby die Rynhawens van Düsseldorf en Duisburg.[2] So het 'n groot verskeidenheid ondernemings uit die sekondêre en tersiêre sektor sy Duitse hoofkwartiere of ander belangrike nasionale filiale in Ratingen gevestig, waaronder ABB, Mitsubishi Electric, Hewlett-Packard, Esprit Holdings, Vodafone, LG, DKV en Keramag.