Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Red Leicester | ||
![]() | ||
Ander name | Leicestershirekaas | |
Oorsprong | Leicestershire, Engeland | |
Melkbron | Koeie | |
Eienskappe | ||
Tekstuur | Hard | |
Veroudering | 4-9 maande | |
Voedingswaarde (per 100 g) | ||
Vetinhoud | 33 g |
Red Leicester[1] is ’n Engelse kaas wat nes cheddar gemaak word, maar dit is krummelriger. Dit word op drie tot 12 maande verkoop. Die buitelaag is rooi-oranje met ’n poeierige skimmel op. Sedert die 18de eeu word dit tydens die vervaardiging oranje gekleur met anatto-ekstrak, ’n kleursel uit die saad van die orleaanboom.[2]
Dit is ’n koeimelkkaas, wat sy oorsprong in Leicestershire, Engeland, gehad het. Die naam kom van die stad Leicester. Tradisionele wiele kaas is redelik ferm en droog, met ’n tekstuur wat gebraai kan word en ’n effens soet, verouderde smaak wat sterker word hoe ryper die kaas is. Blokke kaas is vogtiger en het ’n effens soet nasmaak en ’n romerige tekstuur.[3] Die kaas het ’n effens neuterige smaak.
Hoewel Red Leicester jonk of beleë kan wees, enigiets tussen vier en nege maande oud, is die jong kase se smaak baie matig. Hulle het tot ses maande nodig om ’n skerper smaak te ontwikkel.