Red Bull Powertrains

Red Bull Powertrains (RBPT) is 'n Formule 1-produksiemaatskappy wat deur die Oostenrykse Red Bull GmbH besit word. Dietrich Mateschitz, Helmut Marko en Christian Horner het die maatskappy op 16 Februarie 2021 gestig[1] deur die Honda-ontwikkelde Formule 1-enjins met ingang van die 2022-seisoen oor te neem, nadat dit duidelik geword het dat die Japannese vervaardiger aan wedrenne gaan onttrek ná 2021.

In 2022 sal Honda die kragbronne aanmekaarsit en ondersteuning bied vir renaktiwiteite, voordat Red Bull Powertrains vanaf 2023 volle verantwoordelikheid vir hul werking neem.

  1. Red Bull Powertrains opgericht

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne