Die term Regency-tydperk verwys in die Verenigde Koninkryk na die periode tussen 1811 en 1830 toe die Prins van Wallis as Regent van Engeland benoem is nadat sy vader, koning George III, as gevolg van 'n geestessiekte sy amp as monarg nie meer behoorlik kon uitoefen nie. Met die afsterwe van die koning in 1820 het sy seun hom as George IV opgevolg.