Regoliet

Die oppervlak van die asteroïde 433 Eros.

Regoliet is ’n laag los, heterogene oppervlakkige afsettings (gewoonlik van minder as 2,6 miljoen jaar oud) wat soliede rots bedek. Dit sluit in stof, stukkies rots en ander verwante materiale en kom voor op die Aarde, Maan, Mars, sommige asteroïdes en ander aardplanete en natuurlike satelliete.

Die term "regoliet" kom van die Griekse ῥῆγος rhegos, "kombers", en λίθος lithos, "rots".[1] Die Amerikaanse geoloog George P. Merrill het dit in 1897 geskep.

  1. Anderson, R. S. en Anderson, S. P., 2010, Geomorphology: The Mechanics and Chemistry of Landscapes. Cambridge University Press, p. 162

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne