Справедливая Россия | |
CP | |
![]() | |
Leier | Sergei Mironof |
---|---|
Gestig | 28 Oktober 2006 |
Hoofkwartier | Moskou |
Ideologie | Sosiaal-demokrasie, Demokratiese sosialisme |
Internasionale affiliasie | Sosialistiese Internasionaal Progressive Alliance |
Amptelike kleure | Rooi, oranje |
Webblad | spravedlivo.ru |
Regverdige Rusland (Russies: Справедливая Россия, Sprawedliwaja Rossija) is ’n sosiaal-demokratiese[1] politieke party in Rusland, met tans 64 van die 450 setels in die Doema. Dit is op 28 Oktober 2006 gestig toe die partye Rodina, die Russiese Party van die Lewe en die Russiese Pensioentrekkersparty saamgesmelt het.[2] Later het nog ses klein partye aangesluit.[3] Regverdige Rusland staan vir die beginsels van regverdigheid, vryheid en solidariteit.[4] Dit is ten gunste van ’n "nuwe sosialisme van die 21ste eeu" wat die regte en vryhede van die individu waarborg en die werking van ’n welsynstaat daarstel. Nikolai Lewitsjen het in 2011 die voorsitter geword in die plek van Sergei Mironof, wat in 2006–2011 die leier was. Mironof is die party se kandidaat in die presidentsverkiesing van 2012.