Reier

Reiers
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Ardeidae

Genera
Sien teks

Reiers is voëls wat aan die familie Ardeidae behoort en het lang snawels, nekke en pote. Reiers kom by water voor. In broeidrag het talle reiersoorte lang, haaragtige pluime op die rug en/of onderbors, terwyl ander heeljaar lang pluime op die agterkop dra. Reiers vlieg met die nek tussen die skouers ingetrek en verskil só van ooievaars, ibisse en kraanvoëls. Hulle stygsweef selde. Talle reiersoorte is skugter alleenlopers, terwyl ander in groepe hou en meer opvallend is. Hulle gaan geredelík in bome sít en maak in bome, tussen riete óf selfs op die grond nes. Reiers se kras, skor geroep word veral gehoor wanneer hulle opvlieg.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne