Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie. Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg. |
Die Reinheitsgebot (letterlik reinheidsgebod) is 'n regulasie wat sy oorsprong het in die stad Ingolstadt in die graafskap van Beiere in 1516 en gemoeid is met die standaarde vir die verkoop en samestelling van bier. Daar word gereken dat dit waarskynlik die oudste regulasie oor voedselhigiëne is wat nog steeds in gebruik is.