Renosterveld

     Omvang van die oorspronklike (Overbergse) renosterveld[1]

Die renosterveld verwys oorspronklik na 'n streek in die Overberggebied van die Kaapkolonie wat 'n kenmerkende flora en fauna gehad het. Die Overbergse renosterveld het eens die golwende laagliggende landskap van die oorgrote Overbergstreek bedek, en was die tuiste van baie wildtroppe. Vandag is dit egter een van die mees bedreigde biome ter wêreld, aangesien die omvang daarvan weens landboupraktyke met 95% afgeneem het. Die vrugbare grond van hierdie ekostelsel is grotendeels omgeploeg, sodat vandag slegs fragmente oorbly, meestal in plekke wat te styl of rotsagtig is vir saaiboerdery.[2] Meer onlangs word die term ook gebruik om dergelike plantegroei van 'n naasgeleë streek in die Wes-Kaap aan te dui, naamlik dié van die Swartland.[1]

  1. 1,0 1,1 Die Overberg se rûens Renosterveld.
  2. Overberg Renosterveld Conservation Trust. "What is Renosterveld? Shrubby grassland or grassy shrubland?". overbergrenosterveld.org.za. Renosterveld News. Besoek op 3 Julie 2020.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne