Resolusie 418 van die VN se Veiligheidsraad

Die ARA Drummond (voorheen SAS Good Hope), 'n D'Estienne d'Orves-klas korvet wat nie aan Suid-Afrika verkoop kon word nie.

Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad Resolusie 418, eenparig aangeneem op 4 November 1977, het 'n verpligte wapenverbod teen Suid-Afrika opgelê. Hierdie resolusie het verskil van die vorige Resolusie 282, wat slegs vrywillig was. Die sanksies was daarna strenger toegepas en is ook uitgebrei deur Resolusie 591.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne