Reukwater

Reukwater of parfuum (Engels: /ˈpɜːr.fjuːm/ Amerikaans: /pərˈfjuːm/; Frans: parfum) se gebruike en gesogtheid het oor die eeue toegeneem.

Grasse hoofstad van reukwater
'n Parfuumstel uit die Sowjetunie omstreeks 1965, met 'n parfuum-lugsakspuit

Grasse, die klein Suid-Franse dorpie in Provence, word gereken as die "hoofstad" van die reukwaterwêreld. Hier is uitgestrekte blommevelde, soos laventel, jasmyn en lemoen. Die blomme, en soms ook die blare, word gepluk en na fabrieke in Grasse geneem. Hier word essensiële olies, wat die blomme hul kenmerkende geur gee, daaruit onttrek.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne