Die regters van die dooies, Minos, Aiakos en Rhadamanthys (Ludwig Mack: Die onderwêreld, om 1826)
Rhadamanthys (Grieks: Ῥαδάμανθυς), Kretiese heerser, en later 'n regter in die onderwêreld, is 'n figuur in die Griekse mitologie. Hy is ook op die Egeïese Eilande en in Boiotië vereer.