Rhodesiese Bosoorlog | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Koue Oorlog | |||||||
![]() Die geopolitieke situasie na die onafhanklikheid van Angola en Mosambiek in 1975. Rhodesië is in groen, lande wat die nasionalistiese guerillas ondersteun in rooi en Apartheid-era Suid-Afrika en sy afhanklikheid Suidwes-Afrika, albei bondgenote van die Rhodesiese regering is in blou. | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
![]()
Ondersteun deur: FROLIZI |
![]()
Ondersteun deur: Ondersteun deur: FROLIZI | ||||||
Aanvoerders | |||||||
![]() ![]() ![]()
|
![]() (tot 1975)
| ||||||
Sterkte | |||||||
![]() 10 800 gereelde 15 000 reserviste 8 000 polisie 19 000 polisiereserviste |
![]() 25 500 guerrillas
| ||||||
Ongevalle en verliese | |||||||
1 361 Rhodesiese veiligheidsmagtelede dood | 10 000+ guerrillas dood | ||||||
468 wit burgerlikes dood 7 790 swart burgerlikes vermoor | |||||||
*Brittanje was nie werklik betrokke by die oorlog, maar Rhodesië was nog 'n kolonie van die Verenigde Koninkryk tot en met sy erkende onafhanklikheid in 1965. **Elizabeth II het haarself nie geag as Koningin van Rhodesië nie, die land het in 1970 'n republiek geword. |
Die Rhodesiese Bosoorlog – ook bekend as die Tweede Chimurenga of die Zimbabwe Vryheidsoorlog – was 'n burgeroorlog wat vanaf Julie 1964 tot Desember 1979 geveg is in die omstrede gebiede van Rhodesië (later Zimbabwe-Rhodesië).[10] Drie groepe het teen mekaar geveg: die Rhodesiese regering, onder Ian Smith (later die Zimbabwe-Rhodesië-regering onder Biskop Abel Muzorewa); die Zimbabwe National Liberation Army (ZANLA), die militêre vleuel van Robert Mugabe se Zimbabwe African National Union; en die Zimbabwe African National Union van Joshua Nkomo.
Die oorlog en die daaropvolgende binnelandse ooreenkoms, wat in 1978 deur Smith en Muzorewa onderteken is, het in Junie 1979 gelei tot die implementering van universele stemreg, wat die einde was van die wit minderheidsbewind in Rhodesië, waarna dit herdoop is na Zimbabwe-Rhodesië onder 'n swart meerderheidsregering. Dit het egter geen internasionale steun gekry nie en die oorlog het aangegaan.
Onderhandelings tussen die Zimbabwe-Rhodesië-regering, die Britse regering en Mugabe en Nkomo se verenigde "Patriotiese Front" is in Desember 1979 in die Lancasterhuis voortgesit, waar die Lancasterhuis-ooreenkoms onderteken is. Die land is tydelik weer onder Britse beheer geplaas en 'n nuwe verkiesing is in Maart 1980 onder die Britse regering en die Britse Statebond se toesig gehou. ZANU het dit gewen en Mugabe word op 18 April 1980 as die eerste eerste minister van Zimbabwe aangestel. Die land het toe amptelik, internasionale erkenning ontvang.
<ref>
tag; no text was provided for refs named newsatelier
<ref>
tag; no text was provided for refs named endingwar