Riccardo Muti

Riccardo Muti

Riccardo Muti (* Napels, 28 Julie 1941 - ) is 'n Italiaanse dirigent, wat veral bekend is as musiekdirekteur van die Teatro alla Scala in Milaan (1986 - 2005).

Muti het die Cantelli Prys vir jong dirigente in 1967 gewen. 'n Jaar later word hy aangestel as leier van Maggio Musicale Fiorentino. Vanaf die begin van die sewentigerjare het Muti gereeld vir die Philharmonia Orkes verskyn; en na die vertrek van Otto Klemperer geword hy benoem tot hoofdirigent van die orkes.

Vanaf 1980 tot 1992 neem Muti die leiding oor van die Philadelphia Simfonieorkes, waarmee hy aan 'n aantal internasionale kompetisies deelneem. Daarnaas tree hy as gasdirigent vir die Berliner Philharmoniker en die Wiener Philharmoniker op. In 1993, 1997, 2000, 2004 en 2018 dirigeer hy die simfonieorkes tydens die Nuwejaarskonsert.

Op 16 Maart 2005 neem die orkes en personeel van die Teatro alla Scala 'n mosie van wantroue teen Muti aan. Ten grondslag hiervan lê 'n geskil tussen Muti en die algemene direkteur Carlo Fontana wat 'n maand vroeër gelei het tot die bedanking van Fontana. Op 2 April bedank Muti by La Scala.

Op 13 Oktober 2011 neem Muti die Birgit Nilsson prys in Stockholm in ontvangs, waartydens koning Karel XVI Gustaaf van Swede en koningin Silvia van Swede ook aanwesig was. Dié prys behels 'n geldbedrag van 1 miljoen dollar.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne