Richard Branson | |
---|---|
Richard Branson in 2015 | |
Gebore | Richard Charles Nicholas Branson 18 Julie 1950 |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Beroep | Stigter van die Virgin Groep |
Eggenoot | Kristen Tomassi (1972–1979) (geskei) Joan Templeman (1989-hede) |
Kinders | Clare Sarah (oorlede) Holly en Sam |
Ouer(s) | Edward James Branson Eve Branson |
Richard Charles Nicholas Branson (gebore te Blackheath, Londen, op 18 Julie 1950) is 'n Engelse sakeman. Hy is veral bekend vir sy Virgin-handelsnaam wat deur meer as 350 maatskappye gebruik word. Met sy lang hare en informele kleredrag lyk hy nie na ’n tipiese sakeman nie.[1]
Branson het sy eerste suksesvolle sakeonderneming op die ouderdom van 16 begin toe hy 'n tydskrif genaamd Student gepubliseer het. Hy het toe later in 1970 'n posbestellingsonderneming tot stand gebring. In 1971 het hy begin met 'n kettingwinkel wat plate verkoop het. Met sy flambojante en mededingende styl het Branson die Virgin-handelsnaam vinnig laat groei in die 1980's – toe hy die lugredery Virgin Atlantic Airways gestig het en sy platemaatskappy, Virgin Records, verder uitgebrei het.
In 2006 is sy welvaart op meer as £4 miljard beraam deur The Times se lys van rykste persone.[2]