Richard Kiel | |
Kiel in 2014
| |
Geboorte | 13 September 1939 Detroit, Michigan |
---|---|
Sterfte | 10 September 2014 Fresno, Kalifornië |
Nasionaliteit | Verenigde State van Amerika |
Beroep(e) | Akteur, komediant |
Aktiewe jare | 1960–2014 |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Richard Dawson Kiel was 'n Amerikaanse akteur en komediant. Kiel is veral bekend vir sy rol as Jaws, die boef met metaaltande, in die James Bond-rolprente, The Spy Who Loved Me en Moonraker.
As 2,18 m lange akteur het hy veral rolle as reus en boef vertolk. In Moonraker mag hy sy komiese talent wys. Ná 'n mislukte sluipmoordpoging op Bond in Rio de Janeiro word hy die slagoffer van 'n kabelspoor-ongeluk. Hy word deur 'n klein blonde vrou gered, raak verlief op haar en weier vervolgens om aan sy boosdoener-baas gehoorsaam te wees.