Richard Carl George Theodor Wocke (Langenbielau, Silesië, Pruise, 27 November 1831 – Bloemfontein, 24 April 1890) was ’n Duitse meesterbouer en argitek wat verantwoordelik was vir onder meer talle kerkgeboue van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Vrystaat. Tydgenote het hom beskryf as klein van gestalte, lewendig, vasberade en slaggereed om aan te pas by enige situasie. Hy word beskou as die eerste argitek in die Vrystaat.[1]