Rihanna | |
---|---|
Rihanna bemark Fenty Beauty kosmetika | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Robyn Rihanna Fenty |
Gebore | 20 Februarie 1988 Saint Michael (Barbados) |
Genres | R&B, pop, reggae, hip hop, dans |
Beroep(e) | sangeres, liedjieskryfster, aktrise, mode-ontwerper |
Instrumente | stem |
Jare aktief | 2004–tans |
Etikette | Def Jam, SRP |
Assosiasies | Chris Brown, Drake, Eminem, Jay-Z, Ne-Yo |
Webwerf | rihannanow.com |
Robyn Rihanna Fenty (gebore 20 Februarie 1988), beter bekend onder haar verhoognaam Rihanna (/riˈɑːnə/ ree-AH-nə of /riˈænə/ ree-AN-ə[1]), is 'n sangeres-liedjieskryfster, aktrise en mode-ontwerper. Sy is in Saint Michael op Barbados gebore en het in Bridgetown grootgeword. Rihanna het 9 Grammy-toekennings gewen en na raming sowat 100 miljoen albums verkoop.[2]