Rijndael

Rijndael is 'n kriptografiese algoritme ontwikkel deur Joan Daemen en Vincent Rijmen. In November 2001 het die Amerikaanse NIST hierdie algoritme gekies as die nuwe Advanced Encryption Standard, die opvolger van die Data Encryption Standard. Die naam Rijndael is afgelei uit die skrywers se name nl. "Rijmen" en "Daemen".

Rijndael is 'n verfyning van die Square kriptografiese algoritme, terwyl Square op sy beurt 'n verfyning van die Shark algoritme is. Die grootste voordeel van Rijndael ten opsigte van DES is dat dit in hardeware sowel as in sagteware effektief geïmplementeer kan word. In die DES-algoritme is dit byvoorbeeld die geval dat in baie stappe bisse verwissel word. Verwerkers werk egter op greep-niveau en moet met aparte opdragte elke keer 'n los bis uit 'n versluieringsblok haal en op die korrekte bestemming plaas. In hardeware kan hierdie wel opgelos word met die korrekte stroombane.

Rijndael werk daarenteen met hele grepe sodat 'n verwerker eenvoudig 'n greep kan lees en op die korrekte plek wegskryf. Nie alleen word só 'n hele greep op 'n slag verwerk nie (dus 8 keer soveel), daar is ook geen instruksies nodig om los bisse te hanteer nie. In hardeware is dit steeds 'n kwessie van gepaste stroombane.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne