Ringforte is ronde, versterkte nedersettings wat hoofsaaklik van die Bronstydperk tot omstreeks 1000 n.C. gebou is. Hulle word in Noord-Europa aangetref, veral in Ierland. Daar is ook baie in Suid-Wallis en Cornwallis, waar hulle rounds genoem word.[1] Daar was baie groottes ringforte, en hulle kon van klip of grond gebou gewees het. In die meeste was minstens een gebou.