Risk

Riskspeler

Risk, "Die klassieke Spel van Wêreldoorheersing"[1] is 'n kommersiële strategiese bordspel wat deur Parker Brothers (nou 'n afdeling van Hasbro) vervaardig is. Die spel is in die vroeë 1950's deur die Franse filmregisseur, Albert Lamorisse ontwikkel en is in 1957 vir die eerste keer in Frankryk vrygestel. Nathan Youmans is in 2006 die "Risk Grootmaarskalk" aangesien hy die eerste plek behaal het in die 2006 Risk Wêreldkampioenskappe.

Risk 'n beurtspel vir twee tot ses spelers en word op 'n bord gespeel wat 'n politiese kaart van die wêreld uitbeeld in die styl van die Napoleaanse-era. Die kaart is verdeel in 42 gebiede wat in ses kontinente gegroepeer is. Spelers beheer leërs om gebiede van ander spelers oor te neem. Die doel van die spel is om al die spelers te elimineer en al die gebiede te oorheers.[2] Wêreldoorheersing is die mees algemene manier waarop die spel gespeel word, kan dit ook gespeel word deur 'n "doelwitkaart" aan 'n speler te gee (wat doelwitte kan bevat soos om "die blou speler te elimineer" of "Afrika te oorwin"), die eerste speler wat dan sy doelwit bereik is dan die wenner. Vergeleke met ander oorlogspeletjies is dit relatief eenvoudig en abstrak, aangesien dit realistiese beperkinge soos die grootte van die wêreld, logistiese oorwegings van uitgerekte veldtogte ensovoorts buite rekening laat.

  1. "Risk Produkbesonderhede". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Desember 2006. Besoek op 5 Januarie 2007.
  2. Risk: Die Wêreldoorheersingspel. Hasbro.com. 1993.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne