Riva (bootvervaardiger)

Die Franse aktrise Brigitte Bardot in 'n Riva-runabout. Die foto is in 1963 in St-Tropez geneem
'n Riva-bootvragwa tydens die Classic Days Berlin, 'n motorskou vir historiese voertuie wat jaarliks in Berlyn gehou word. Die foto is in 2019 geneem
Riva Super Aquarama 217
Riva Florida in 2015 tydens die motorskou Concorso d'eleganza, Villa d'Este, Comomeer, Italië
Die stuurkajuit van 'n Riva Florida
Riva Domino 86’-motorjag in 2013 in die Greenwich Yacht Club, Londen, Verenigde Koninkryk

Riva is 'n Italiaanse vervaardiger van gesofistikeerde luukse motorbote. Riva-sportbote is vanaf die 1950's met styl en finesse geassosieer. So is vir die bou van Riva-bote uitsluitlik kosbare materiale soos mahoniehoutplanke, chroom en wit leer vir die sitplekke gebruik. Na Riva se runabouts (oop sportbote) is derhalwe verwys as die «Rolls-Royce van die see». Die vervaardiger se nuutste luukse jag Riva 50 MT met 'n lengte van 49 meter, wat deur Officina Italiana Design ontwerp is, terwyl Riva Superyacht Division die skeepsargitektur ontwikkel het, sal na verwagting in 2021 afgelewer word.[1]

In 2000 is Riva deur die Italiaanse skeepsvervaardiger Ferretti oorgeneem wat op luukse jagte fokus. Riva is tans 'n handelsmerk in Ferretti se portefeulje wat gesofistikeerde motorbote in verskillende groottes en ontwerpe gebruik word. Die gebruik van mahonie is intussen gestaak. Sportbootentoesiaste sal vir historiese Riva-bote in 'n puik toestand meer as €100 000 opdok.

  1. boatinternational.com: Riva 50 MT yacht. Besoek op 2 April 2020

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne