Riverlea | |
---|---|
Koördinate: 26°12′40″S 27°58′30″O / 26.21111°S 27.97500°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
Hoofplek | Johannesburg |
Oppervlak | |
• Totaal | 3,40 km2 (1,31 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 16 226 |
• Digtheid | 4 772/km2 (12 360/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0,2% |
• Indiërs/Asiërs | 1,7% |
• Bruin mense | 67,3% |
• Swart mense | 29,6% |
• Ander | 1,3% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 37,7% |
• Engels | 36,4% |
• Zoeloe | 7,7% |
• Tswana | 3,4% |
• Ander | 14,8% |
Riverlea is ’n voormalige bruin voorstad van Johannesburg, 10 km suidwes van die stadsaal.
Dit lê nagenoeg tussen Longdale en Hoofrifweg in die noorde, Nasrecweg in die ooste (hoewel enkele straatblokke ook oos van die pad geleë is), die N17 in die suide en die N1 in die weste. Die grootste gedeelte van Riverlea lê noord van die hoofspoorlyn en ’n kleiner gedeelte suid daarvan.
Die voorstad is op die plaas Langlaagte aangelê en in 1967 geproklameer, toe dit 'n sogenaamde bruin groepsgebied was. Die naam is afgelei van ’n stroompie wat op die suidelike grens van die voorstad vloei. "Lea" kom uit Ou Engels en het eers "boomryke gebied" beteken, maar later "’n oopte in die woud" en eindelik net "oop gebied".