Rizhao

Rizhao

日照
Stad
Die hawe van Rizhao.
Die hawe van Rizhao.
Rizhao is in China
Rizhao
Rizhao
Ligging in die Volksrepubliek China
Koördinate: 35°25′00″N 119°26′00″O / 35.41667°N 119.43333°O / 35.41667; 119.43333
LandVlag van Volksrepubliek China Volksrepubliek China
ProvinsieSjandong
Regering
 • Kommunistiese Party van China SekretariskomiteeYang Jun (杨军)
 • BurgemeesterLi Tongdao (李同道)
Oppervlak
 • Stad5 310 km2 (2 050 vk. myl)
 • Stedelik
1 915 km2 (739 vk. myl)
 • Metro
1 507 km2 (582 vk. myl)
Bevolking
 • Stad2 801 100
 • Digtheid530/km2 (1 400/vk. myl)
 • Stedelik
1 143 078
 • Stedelike digtheid600/km2 (1 500/vk. myl)
 • Metro
865 032
 • Metrodigtheid570/km2 (1 500/vk. myl)
TydsoneUTC+08:00 (SST)
Skakelkodes633
Webwerfrizhao.gov.cn

Rizhao (Chinees: 日照) is 'n stad in die Chinese provinsie Sjandong met 'n bevolking van 2 801 100 in 2010. Hieruit woon 'n bietjie meer as 865 000 mense in die stedelike gebied van die Donggang-distrik.

Die stad is in die noordooste van China suid van Beijing en Tianjin aan die kus van die Geelsee geleë. Rizhao grens in die noordooste aan Qingdao, in die noorde aan Weifang en in die weste aan Linyi. Die stad is 'n belangrike hawestad in die ooste van die land.

Die naam van die stad beteken letterlik "sonskyn".[1] Die stad is bekend vir sy volhoubaarheid, en dit vereis sonkrag-verwarmers in alle nuwe geboue. Die stad Rizhao is in 2009 deur die Verenigde Nasies as een van die mees bewoonbare stede ter wêreld erken.

  1. Worldwatch Institute. (2007). State of the World: Our Urban Future.:108

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne