Robert Falcon Scott | |
---|---|
Portretfoto van Robert Scott in 1900 | |
Geboortedatum | 6 Junie 1868 |
Geboorteplek | Plymouth, Devon, Engeland |
Sterfdatum | 29 Maart 1912 (43 jaar oud) |
Sterfplek | Ross-ysbarrière, Antarktika |
Lojaliteit | Verenigde Koninkryk |
Diens/Tak | Britse Vloot |
Jare in diens | 1881–1912 |
Poste beklee | Discovery-ekspedisie Terra Nova-ekspedisie |
Toekennings | Royal Victorian Order (1904) Patron se medalje (1904) Vega-medalje (1905) Cullum-medalje (1906) |
Familie | Kathleen Bruce (huweliksmaat) Peter Scott (seun) |
Robert Falcon Scott (6 Junie 1868 – 29 Maart 1912) was ’n Britse see-offisier en Suidpoolreisiger. Hy het bekendheid verwerf deur sy dagboek van die laaste tog, sy afskeidsbriewe en sy sogenaamde boodskap aan die publiek.
In Roggebaai, Kaapstad, staan ’n klein, maar aangrypende gedenkteken ter ere van Robert Falcon Scott om ons aan sy tragiese ekspedisie na die Suidpool te herinner. Kaptein Scott en sy manne het almal op die terugreis van die Suidpool af deur koue en ontbering oorweldig, maar tot baie kort voor hul dood het Scott nog met die inskrywings in sy dagboek voortgegaan. Die manuskrip is agt maande na sy dood gevind.