Robert Koch | |
![]() | |
Robert Koch, ca. 1907
| |
Geboortenaam | Robert Heinrich Herman Koch |
---|---|
Gebore | Clausthal, Koninkryk van Hannover | 11 Desember 1843
Oorlede | 27 Mei 1910 (op 66) Baden-Baden, Groothertogdom van Baden |
Nasionaliteit | Duits |
Vakgebied | Biochemie |
Instelling(s) | Keiserlike Gesondheidskantoor, Berlyn Universiteit van Berlyn |
Alma mater | Universiteit van Göttingen |
Doktorale promotor(s) | Friedrich Gustav Jakob Henle |
Bekend vir | Ontdekking van bakteriologie Koch se postulate van kiem-teorie Isolasie van antraks, tuberkulose en cholera |
Invloed op | Friedrich Loeffler |
Toekennings | Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde (1905) |
Handtekening | ![]() |
Robert Heinrich Hermann Koch (11 Desember 1843 – 27 Mei 1910) was 'n Duitse medikus en mikrobioloog. Hy het beroemdheid verwerf vir die ontdekking van die tuberkel bacillus (1882) en cholera bacillus (1883) en vir sy ontwikkeling van "Koch se postulate". Koch was een van die stigters van die bakteriologie studierigting. Koch was ook betrokke by ondersoeke na 'n verskeidenheid van mens- en dieresiektes soos melaatsheid, peste, malaria en beessiektes. Hy het daarin geslaag om die oorsaak van verskeie bakteriële siektes te bepaal en het 'n geslaagde entstof teen onder meer runderpes ontwikkel.
Die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde is in 1905 "vir sy ondersoeke en ontdekkings met betrekking tot tuberkulose" aan hom toegeken.[1]