Robert Ludlum

Robert Ludlum (25 Mei 1927 - 12 Maart 2001) was 'n Amerikaanse skrywer van rillers en spioenasieromans. Hy was die bekendste as die skepper van Jason Bourne in die oorspronklike Bourne-romanreeks, die Bourne Trilogy. Daar is tussen drie- en vyfhonderdmiljoen van sy boeke gedruk.[1][2] Sy boeke is in 33 tale in 40 lande gepubliseer. Voordat Ludlum begin skryf het, was hy 'n teaterakteur en -vervaardiger. Vroeg in sy skryfloopbaan het hy onder die skuilname Jonathan Ryder en Michael Shepherd gepubliseer.[3]

Die skrywer het in New Jersey grootgeword. Na sy pa se dood stuur sy ma hom na 'n kosskool in Connecticut. Aan die Cheshire Academy maak hy kennis met teaterproduksies. Kort voor die voltooiing van sy studies aan die Wesleyan University, Middletown, trou hy in 1951 met Mary Ryducha, 'n aktrise. Robert en Mary het drie kinders. Ludlum begin sy loopbaan as teaterakteur en -vervaardiger. Hy speel in verskillende Broadway-produksies en werk as akteur en vervaardiger mee aan sowat 200 televisieprogramme. In 1971 verskyn sy eerste roman, The Scarlatti Inheritance. Vele sou volg en topverkopers word. Van die boeke is ondertussen verfilm.

Na sy dood in 2001 verskyn daar nog verskillende boeke onder sy naam. Ander skrywers werk verder aan sy boeke, onder andere Eric Van Lustbader en Gayle Lynds. Laasgenoemde werk alreeds met Ludlum saam met die "Covert-One"-reeks. Eric Van Lustbader se bekendste boek is The Bourne Legacy. Van Lustbader sit Ludlum se werk voort omtrent die karakter van Jason Bourne in die gewilde reeks.

  1. Ludlum, Robert, Prometheus Deception, 2000. Preface by the publisher, Orion Publishing.
  2. "The Ludlum conspiracy" at Legacy.com.
  3. Liukkonen, Petri. "Robert Ludlum". Books and Writers (kirjasto.sci.fi). Finland: Kuusankoski Public Library. Geargiveer vanaf die oorspronklike op Maart 31, 2007.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne