Robert Douglas Thomas Pattinson[1] is 'n Engelse akteur, model, musikant en rolprentvervaardiger.[2] Pattinson het sy loopbaan begin met 'n rol as Cedric Diggory in Harry Potter and the Goblet of Fire.[3] Hy het later die hoofrol vertolk van die vampier, Edward Cullen in die Twighlight Saga-filmreeks geskryf deur Stephenie Meyer.[4][5] Hierdie rol het hom gevestig as een van die hoogs betaalde akteurs in Hollywood en het groot beroemdheid meegebring.[6][7][8] In 2010 is Pattinson benoem as een van TIME se '100 Mees Invloedryke Mense Ter Wêreld', en in dieselfde jaar het Forbes hom gelys in die Forbes Celebrity 100.[9][10][9]
In 2009 het hy die rol vertolk van Salvador Dalí in Little Ashes. In dieselfde jaar is 'n dokumentêr met die titel Robsessed[11] vrygestel oor sy beroemdheid en gewildheid. Hy het verskyn as 'n jong man met baie probleme in Remember Me, en het ook verskyn in die romantiese drama Water for Elephants in 2011. Sy vertolking van die rol as a tawwe, gevoellose en berekende miljardêr in David Cronenberg se Cosmopolis in 2012, het hom baie lof besorg. Hy het verder waardering ontvang van sy rol in David Michôd se futuristiese film The Rover en in Cronenberg se satiriese drama Maps to the Stars (beide in 2014).
Pattinson is geskeduleer om te verskyn in Werner Herzog se Queen of the Desert, Anton Corbijn se Life, Olivier Assayas se Idol’s Eye[12] en in James Gray se The Lost City of Z.
Pattinson speel en skryf ook sy eie musiek.
Hy is 'n ondersteuner van ECPAT International,[13] Parents and Abducted Children Together (PACT),[14]GO Campaign en is 'n lid van International Medical Corps.[15] Hy dra ook by tot kanker bewusmakings veldtogte.