Robert Mangaliso Sobukwe | |
![]() Robert Sobukwe | |
President van die Pan Africanist Congress
| |
Ampstermyn 6 April 1959 – 1963 | |
Opgevolg deur | Potlako Leballo |
---|---|
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 5 Desember 1924 Graaff-Reinet, Kaapprovinsie, Unie van Suid-Afrika |
Sterf | 27 Februarie 1978 (op 53) Kimberley, Kaapprovinsie, Suid-Afrika |
Politieke party | Pan Africanist Congress |
Alma mater | Universiteit van Fort Hare |
Robert Mangaliso Sobukwe (5 Desember 1924 – 27 Februarie 1978) was 'n Suid-Afrikaanse politieke dissident, wat die Pan Africanist Congress of Azania in opposisie teen apartheid gestig het. In 2004 is Sobukwe as nommer 42 in die lys van SABC3 se Grootste Suid-Afrikaners benoem.