Rock Hudson | |
![]() | |
Hudson omstreeks 1955.
| |
Geboortenaam | Roy Harold Scherer jr. |
---|---|
Geboorte | 17 November 1925 |
Sterfte | 2 Oktober 1985 (op 59) |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Akteur |
Aktiewe jare | 1947–1985 |
Rolprente | Magnificent Obsession, Giant, Ice Station Zebra |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Rock Hudson (gebore as Roy Harold Scherer jr.; 17 November 1925 – 2 Oktober 1985)[1] was ’n Amerikaanse akteur wat veral in die 1950's en 1960's gewild was en beskou word as een van die hartebrekers uit Hollywood se goue era.
Hy is deur verskeie rolprenttydskrifte as ster van die jaar, gunsteling-hoofakteur, ens. aangewys. Hy was gedurende sy loopbaan van vier dekades in 70 prente en verskeie TV-produksies te sien. Hy is in 1985 oorlede; hy was sover bekend die eerste groot ster wat aan ’n vigsverwante siekte gesterf het.[2]