'n Roeispaan is 'n instrument wat gebruik word om 'n vaartuig (soos 'n kano, kajak of vlot) deur water voort te beweeg. Die aktiwiteit word roei genoem. 'n Roeispaan word van 'n roeiriem onderskei deurdat 'n roeiriem op die kant van die boot ondersteun word, terwyl 'n roeispaan geheel en al los van die boot hanteer word.