Romanos I van Bisantium

Romanos I
Keiser van die Bisantynse Ryk
’n Muntstuk wat Romanos I en sy oudste seun, Christopher, uitbeeld.
’n Muntstuk wat Romanos I en sy oudste seun, Christopher, uitbeeld.
Bewind 920944 (senior keiser)
Bynaam Romanos Lekapenos
Dinastie Masedoniese
Gebore Omstreeks 870
Oorlede 15 Junie 948
Voorganger Konstantyn VII
Opvolger Konstantyn VII
Romanos II
Eggenote Theodora
Kinders Christopher
Stephen
Konstantyn
Vader Theophylaktos Abstartos

Romanos I of Romanos Lekapenos (Grieks: Ρωμανός Α΄ Λακαπήνος, Armeens: Ռոմանոս Ա Լակապենոս; omstreeks 870 – 15 Junie 948) was die Bisantynse keiser van 920 tot met sy afsetting op 16 Desember 944.

Hy is omstreeks 870 gebore in Lakape (vandaar sy bynaam) as die seun van Armeense boere.[1][2][3] Sy pa, Theophylaktos Abstartos, het keiser Basilius I se lewe tydens ’n veldslag gered en lid van die keiserlike wag geword.[4] Romanos het vinnig opgang gemaak in die leër tydens die tyd van keiser Leo VI.

  1. http://isthmia.osu.edu/teg/hist60702/6.htm
  2. John H. Rosser (2011). Historical Dictionary of Byzantium. Scarecrow Press. p. 56. ISBN 9780810875678.
  3. Hélène Ahrweiler, Angeliki E. Laiou (1998). Studies on the Internal Diaspora of the Byzantine Empire. Dumbarton Oaks. p. 66. ISBN 9780884022473.
  4. Runcimam, p. 63

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne