Romanos IV Diogenes | |
---|---|
Keiser van die Bisantynse Ryk | |
’n Ivoorgedenkplaat met óf Romanos IV Diogenes en Eudokia óf Romanos II en Eudokia. (Bibliothèque nationale de France), Parys.
| |
Bewind | 1 Januarie 1068 - 24 Oktober 1071 |
Dinastie | Doukas |
Gebore | Omstreeks 1030 |
Oorlede | 1072 (op 42) |
Voorganger | Konstantyn X Doukas |
Opvolger | Michael VII Doukas |
Vrou | Eudokia Makrembolitissa |
Vader | Constantine Diogenes |
Romanos IV Diogenes (Grieks: Ρωμανός Δ΄ Διογένης, Rōmanós IV Diogénēs; omstreeks 1030-1072) was van 1 Januarie 1068 tot 24 Oktober 1071 keiser van die Bisantynse Ryk nadat hy met Konstantyn X Doukas se weduwee, Eudokia Makrembolitissa, getrou het.
Hy was lid van die Bisantynse militêre burokrasie en was vasbeslote om die agteruitgang van die leër om te keer.