Rooiberge | |
---|---|
Ligging | Fouriesburg tot Clarens en Golden Gate |
Hoogte | 2 450 meter bo seevlak |
Koördinate | 28°31′24″S 28°20′38″O / 28.52333°S 28.34389°O |
Rotsouderdom | Trias |
Die Rooiberge is 'n sandsteen-bergreeks in die Oos-Vrystaat. In die suidweste begin die bergreeks in die buitewyke van Fouriesburg, loop dan noordwaarts na Retiefsnek, en ooswaarts na Noupoortsnek by Clarens en die Golden Gate-Hoogland. Die berg se sandsteen dateer uit die Trias en dier- en plantfossiele word met reëlmaat ontdek.