Rook en oker
| |
---|---|
Skrywer | Ingrid Jonker |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Genre | Poësie |
Uitgewer | Afrikaanse Pers-Boekhandel |
Uitgegee | 1963 |
Rook en oker is 'n digbundel van die Afrikaanse digter Ingrid Jonker wat in 1963 gepubliseer is. Dit is Jonker se tweede en laaste bundel wat tydens haar leeftyd verskyn en is sewe jaar ná haar debuut, Ontvlugting (1956), gepubliseer.[1] Tegnieke wat reeds in Ontvlugting aanwesig is, word verder in Rook en oker ontwikkel.[1] Jonker neem met Rook en oker 'n belangrike plek in Afrikaanse digkuns in[2] en haar bydrae tot die Afrikaanse letterkunde berus veral op enkele gedigte uit hierdie bundel.[1][3]