Rosalind (maan)

Daar is ook ’n asteroïde met die naam "900 Rosalinde".
Rosalind   

’n Foto van Rosalind deur die Hubble-ruimteteleskoop in 1997.
Ontdekking
Ontdek deur Stephen P. Synnott / Voyager 2
Datum 13 Januarie 1986
Kleinplaneet-benamingUranus XIII
Wentelbaaneienskappe
Wentelbaanradius 69 926,795 ± 0,053 km[1]
Wentelperiode 0,558459529 ± 0,000000019 d[1]
Baanhelling 0,27876 ± 0,045° (tot Uranus se ewenaar)[1]
Satelliet van Uranus
Fisiese eienskappe
Afmetings 72 × 72 × 72 km[2]
Gem. radius 36 ± 6 km[2][3][4]
Oppervlakte ~16 000 km²[nota 1]
Volume ~200 000 km³[nota 1]
Massa ~2,5×1017 kg[nota 1]
Gem. digtheid ~1,3 g/cm³ (veronderstel)[3]
Oppervlak-
aantrekkingskrag
~0,012 m/s²[nota 1]
Ontsnapping-
snelheid
~0,031 km/s[nota 1]
Rotasieperiode Sinchronies[2]
Ashelling 0[2]
Temperatuur ~64 K[nota 1]

Rosalind is ’n binnemaan van Uranus. Dit is op 13 Januarie 1986 ontdek op foto's wat deur Voyager 2 geneem is en het die voorlopige naam S/1986 U 4 gekry.[5] Dit is daarna genoem na ’n karakter in William Shakespeare se toneelstuk As You Like It. Dit het ook die naam Uranus XIII.[6]

Rosalind behoort tot die Portiagroep satelliete, wat ook Portia, Bianca, Desdemona, Cressida, Juliet, Kupido, Belinda en Perdita insluit.[7] Dié mane het soortgelyke wentelbane en fotometriese eienskappe.[7] Buiten sy wentelbaan,[1] radius van 36 km[2] en geometriese albedo van 0,08[7] is feitlik niks oor Rosalind bekend nie.

Op die Voyager 2-foto's lyk Rosland soos ’n feitlik ronde voorwerp. Die verhouding van die asse is 0,8 ± 1,0.[2] Die oppervlak het ’n grys kleur.[2]

Rosalind is baie na aan ’n 3:5-baanresonansie met die maan Cordelia.[8]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Jacobson 1998
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 2,5 2,6 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Karkoschka, Voyager 2001
  3. 3,0 3,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named JPL-SSD-sat_phys
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Williams 2007 nssdc
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named IAUC 4164
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Gazetteer
  7. 7,0 7,1 7,2 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Karkoschka, Hubble 2001
  8. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Murray Thompson 1990


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "nota", but no corresponding <references group="nota"/> tag was found


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne