Roscoff Rosko | |
---|---|
'n Uitsig oor Roscoff | |
Koördinate: 48°43′38″N 3°59′04″W / 48.72722°N 3.98444°W | |
Land | Frankryk |
Gewes | Bretagne |
Département | Finistère |
Arrondissement | Morlaix |
Kanton | Saint-Pol-de-Léon |
Regering | |
• Burgemeester | Odile Thubert Montagne |
Oppervlak | |
• Totaal | 6,19 km2 (2,39 vk. myl) |
Hoogte | 0−58 m (0−190 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 3 404 |
• Digtheid | 550/km2 (1 400/vk. myl) |
Poskode | 29680 |
Webwerf | roscoff.bzh |
Roscoff [ʁɔskɔf], Bretons: Rosko, is 'n seehawe in die Noordwes-Franse département Finistère en die historiese Bretonse streek Pays de Léon, met 'n bevolking van 3 404 in 2017. In Frans word na die bewoners as Roscovites verwys.
Die gematigde klimaat en die skoon water langs Roscoff se kus het van die nedersetting al in die 19de eeu 'n gewilde strandoord gemaak. Die geneeskundige potensiaal van Roscoff as herstellingsoord is deur die Marquise van Kergariou raakgesien wat hier 'n tuberkulose-sanatorium vir kinders geopen het. 'n Thalassoterapie-sentrum het sy deure in 1899 geopen.