Rottnest-eiland

Rottnest-eiland
Inheemse naam: Rottnest Island
Lugfoto van die Rottnest-eiland
Lugfoto van die Rottnest-eiland
Geografie

Ligging Indiese Oseaan
Koördinate 21°1′S 115°31′O / 21.017°S 115.517°O / -21.017; 115.517

Oppervlakte 19 vk km
Hoogste punt Wadjemup Hill 46 m
Administrasie
Vlag van Australië Australië
Deelstaat Wes-Australië

Demografie
Bevolking 300

Rottnest-eiland is sowat 18 km vanaf die kus van Wes-Australië naby Fremantle geleë. Dit word Wadjemup genoem deur die Noongar-stam, wat "plek oor die water" beteken. Die eiland is 11 kilometer lank en 4,5 kilometer op sy breedste punt met 'n totale oppervlakte van 19 km2. Dit word as 'n Klas A natuurreservaat geklassifiseer en word deur die Rottnest-eiland owerheid bestuur. Geen private grondbesit op die eiland word toegelaat nie.

In Wes-Australië word daar dikwels in die omgangstaal na die eiland as "Rotto" of "Rottnest" verwys. Die eiland is vir meer as 50 jaar lank reeds 'n gewilde vakansiebestemming.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne