Rouyn-Noranda | |
---|---|
Stad | |
Leuse(s): Fierté, Solidarité, Savoir (Frans: Trots, Solidariteit, Kennis) | |
Koördinate: 48°14′14″N 79°13′17″W / 48.23722°N 79.22139°W | |
Land | Kanada |
Provinsie | Quebec |
Region | Abitibi-Témiscamingue |
Regionale County | Rouyn-Noranda |
Stigting | 1926 |
Stadstatus | 1986 |
Regering | |
• Burgemeester | Mario Provencher |
Oppervlak | |
• Totaal | 6 435,64 km2 (2 484,81 vk. myl) |
• Land | 5 991,06 km2 (2 313,16 vk. myl) |
Hoogte | 304−510 m (−1 369 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 41 012 |
• Digtheid | 6/km2 (17/vk. myl) |
Tydsone | UTC-05:00 (EST) |
• Somertyd | UTC-04:00 (EDT) |
Poskode | J9X, J9Y |
Skakelkodes | 819 |
Webwerf | ville.rouyn-noranda.qc.ca |
Rouyn-Noranda is 'n dorp in die administratiewe gewes Abitibi-Témiscamingue van die Franssprekende Kanadese provinsie Quebec met 41 012 inwoners in 2011.
Rouyn-Noranda het in 1986 ná die samesmelting van twee dorpe, Noranda en Rouyn, ontstaan. Rouyn, wat net soos Noranda aan die oewer van die Osiskomeer lê, is ná die ontdekking van ryk koperafsettings in 1917 gestig. Noranda - die dorp se naam is 'n kofferwoord wat uit North Canada gevorm is - is eers later rondom die Horne-myn gestig en staan vandag onder meer bekend vir die gelyknamige kopermyn. Die dorpe is in 1926 (Noranda) en 1927 (Rouyn) geïnkorporeer.
In 1966 het Rouyn-Noranda sowel die administratiewe gewestelike hoofstad asook die setel van verskeie plaaslike kantore van die provinsiale regering van Quebec geword. Myn- en bosbou is nog steeds belangrike bronne van inkomste vir die gebied, maar word intussen aangevul met dienste, veral toerisme.