Royal Bafokeng-nasie | |
---|---|
Vlag van die Royal Bafokeng-nasie | |
Totale bevolking: | 160 867 (Fokeng, 2007) Totaal: 300 000 |
Belangrike bevolkings in: | Noordwes, Suid-Afrika |
Taal: | Tswana |
Geloofsoortuiging: | Christendom |
Verwante etniese groepe: | Basotho |
Die Royal Bafokeng-nasie is die etniese tuisland van die Fokeng-mense (Sotho: Bafokeng, letterlik "mense van die dou" of "mense van die gras"), 'n Tswana-sprekende tradisionele gemeenskap in die Noordwes-provinsie van Suid-Afrika. Dié nasie se hoofstad is Phokeng en konings of leiers staan as Kgosi bekend. Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 het die Royal Bafokeng-nasie veral as eienaar van die Royal Bafokeng-stadion, waar ses wedstryde gespeel is, bekend geword.